afrikaanse web-tuiste ander tale

Die JESUS Film

Jy mag dalk al baie films gesien het maar die JESUS film is iets totaal anders. Dit is ‘n betroubare voorstelling van die lewe van Christus, en dit verander letterlik lewens.

JESUS is die mees vertaalde en wydverspreide film in die industrie. Die redes vir sy wêreldwye sukses en trefkrag lê blykbaar in sy betroubaarheid, akkuraatheid en aandag aan detail.

Die Lukas-Evangelie in die Bybel is gekies as die basis vir die dialoog en aksie in die film. Vyf jaar se sorgvuldige navorsing en voorbereiding is eers gedoen voordat die verfilming ter plaatse (oorspronklike gebied) begin het in Israel. Navorsers, argeoloë, geskiedkundiges en teoloë is geraadpleeg. Spesiale werkswinkels het eerste-eeuse pottebakkeryvoorwerpe, gereedskap en klere vervaardig .

"Ons begeerte is om 'n dramatiese dokumentêr te vervaardig oor 'n man wat 2000 jaar gelede gelewe het," was Paul Eshleman, Direkteur van die wêreldwye verspreiding van die JESUS film, se kommentaar. "Jesus het met Sy hande gewerk, tussen die mense gebly, dieselfde kos geëet en hul pyn geken.  Ons wou 'n film produseer wat die kykers met 'n gevoel laat dat hulle 'n beter begrip het van hierdie man wat die geskiedenis se verloop en mense se lewens nog steeds verander.  Die Een wat beide God en mens is, Jesus van Nasaret."

Om die beste akteurs te kry vir hierdie dramatiese uitbeelding van Jesus se lewe het intensiewe soektogte  vereis, veral vir dié wat Hom sou uitbeeld.. Vir meer outentieke gesigte is die 45 akteurs en omtrent al die 5 000 ekstras uit mense wat in die Midde-Ooste gebly het, gebruik. Vir die hoofrol van Jesus is Brian Deacon van Engeland se vermaarde Royal Shakespeare Company egter gekies. Deacon is gekies uit ongeveer 1000 akteurs vanweë sy eenvoudig-simpatieke, maar eerbiedige wyse waarop hy die verhaal van Jesus soos aan die mensdom deur die evangelie van Lukas oorgebring, vertolk het.

Tot op datum, is die film JESUS reeds in meer as 650 tale vertaal.  Dit is deur meer as 4 biljoen mense reg oor die wêreld gesien. Die film is deur Campus Crusade for Christ Internasionaal gefinansier en geborg. Dit is voortreflik geproduseer deur John Heyman, Cannes Film Festival toekennings-wenner.  Warner Brothers het die aanvanklike vrystelling in Noord-Amerikaanse teaters hanteer.

Web-Tuiste Wie is Jesus? Die JESUS Film Die Vier Geestelike Wette Gees-vervulde Lewe Geleenthede Hulpmiddels

© 1995-2002 Campus Crusade for Christ Internasionaal | webmaster@cccsa.org.za

Laas Hersien op: 18 April, 2002