1.
God het jou LIEF en het 'n wonderlike PLAN vir
jou lewe.
(Verwysings in hierdie Web Tuiste behoort deurgaans, waar
moontlik, in hulle verband in die Bybel nageslaan te word)
God se Liefde
"God het die wêreld so liefgehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het,
sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe
sal hê."
(Johannes 3:16).
God se Plan
[Jesus sê] "...Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in
oorvloed" [dat hulle lewe vol en betekenisvol kan wees] (Johannes 10:10).
Waarom ervaar die meeste mense nie 'n oorvloedige lewe nie?
Omdat...
|
2.
Die mens is SONDIG en van God GESKEI
daarom kan hy nie God se liefde en plan vir sy lewe ken en ervaar nie.
Die Mens is Sondig
"Almal het gesondig en is ver van God af" (Romeine 3:23).
Die mens is geskape om 'n verhouding met God te hê, maar kies om sy eie
kop te volg en om onafhanklik van Hom te leef. Hierdie
eiewilligheid wat lei tot opstandigheid teen God of 'n algemene gebrek
aan belangstelling in God, is 'n bewys van wat die Bybel sonde noem.
Die Mens is van God Geskei
"Die loon wat die sonde gee, is die dood..." [geestelike skeiding
tussen God en mens] (Romans 6:23).

Hierdie diagram illustreer dat sonde soos 'n diep kloof is wat 'n
heilige God en sondige mens van mekaar skei. Die mens probeer
gedurig om God deur sy eie pogings soos 'n mooi lewe, goeie werke,
filosofieë of godsdiens te bereik, maar al hierdie pogings is
tervergeefs.
Die derde wet verduidelik hoe hierdie kloof oorbrug word...
|
3. Jesus
Christus is God se ENIGSTE oplossing vir die mens se
sonde. Alleen deur Hom kan jy God se liefde en plan vir jou lewe
ken en ervaar.
Hy het in ons plek gesterf
"Maar God bewys Sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons
gesterf het toe ons nog sondaars was" (Romeine 5:8).
Daarna het Jesus uit die dood opgestaan
"Na sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook
getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie
geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die
koninkryk van God gepraat" (Handelinge 1:3).
Hy is die enigste weg
"Jesus het vir hom gesê, Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie" (Johannes 14:6).
Hierdie diagram illustreer dat God Sy Seun, Jesus Christus, na die
wêreld gestuur het om die kloof van die sonde, wat ons van Hom skei, te
oorbrug. Hiervoor moes Jesus aan die kruis sterf om vir ons sonde
te betaal.
Dit is nie genoeg om net van hierdie drie wette te weet nie...
|
4.
Ons moet Jesus Christus persoonlik AANNEEM as Verlosser
en Here. Slegs dan kan ons God se liefde en plan vir ons lewens
ken en ervaar.
Ons moet Christus Aanneem
"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy
die reg gegee om kinders van God te word" (Johannes 1:12).
Ons moet Christus deur Geloof Aanneem
"Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie
redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom
nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om
op homself trots te wees nie" (Efesiërs
2:8,9).
Wanneer ons Christus Aanneem, Ervaar ons Wedergeboorte
(Lees Johannes 3:1-8).
Ons Neem Christus aan deur Hom in ons Lewens in te Nooi
[Christus sê] "Kyk, ek staan by die deur en ek klop. As
iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan..."
(Openbaring 3:20).
Wanneer jy Christus aanneem, kies jy om jou eiewilligheid te los en God
se wil te doen (bekering). Jy glo dat Christus in jou lewe inkom,
jou sondes vergewe en jou verander soos Hy wil. Om net te weet dat
Jesus Christus die seun van God is en dat hy aan die kruis vir ons
sondes gesterf het, is nie genoeg nie. Dit is ook nie genoeg om 'n
emosionele ervaring te hê nie. Jy neem Christus deur geloof aan.
Dit is 'n wilsbesluit.
Hierdie twee sirkels stel twee soorte lewens voor:
 |
DIE SELF BEHEERDE LEWE SELF is op
die troon
Belange onder beheer van Self, lei dikwels tot konflik en
frustrasie
Christus buitekant die lewe |
 |
DIE CHRISTUS BEHEERDE LEWE CHRISTUS is op
troon
Self is onttroon
Jou belange onder beheer van God lei tot
toenemendeharmonie met God se plan vir jou lewe |
Watter sirkel stel jou lewe voor?
Watter sirkel wil jy graag hê jou lewe voorstel?
Die volgende verduidelik hoe jy Christus kan aanneem:
|
Jy
kan Christus nou deur geloof
in gebed aanneem
(Gebed is 'n gesprek)
God ken jou hart en dit gaan vir Hom meer om die gesindheid van jou hart
as om jou woorde. Jy kan soos volg bid:
"Here Jesus Christus, ek het U nodig. Dankie dat U vir
my sondes gesterf het. Ek maak nou die deur van my lewe oop en
neem u as my Verlosser en Here aan. Dankie dat U my sondes vergewe
het en aan my die ewige lewe gee. Kom neem die plek op die troon
van my lewe in en maak my die soort mens wat U wil hê ek moet wees."
Vertolk hierdie gebed die begeerte van jou hart?
Indien wel, bid dit dan op hierdie oomblik en Christus sal, soos Hy
belowe het, in jou lewe inkom.
Nou dat jy Christus aangeneem het... |
|
Ongeveer1.5 biljoen kopieë van Die Vier
Geestelike Wette is reeds gedruk, en dit is die begeerte van Campus
Crusade for Christ dat die boodskap wat in hierdie Web-tuiste vervat is,
sal voortgaan om die wydste moontlike dekking en verspreiding te geniet.
As jy ‘n kopie hiervan wil bestel, besoek
NewLife Publishers,
P.O. Box
593684, Orlando, FL 32859, V S A
Om die kwaliteit en inhoud van die boodskappe te handhaaf en te beskerm
teen veranderinge, mag hierdie bladsye of dele daarvan (insluitende kleinere
tuistes) nie in enige formaat daarvan sonder geskrewe toestemming van die
uitgewer, New Life Publications,
P.O. Box 593684, Orlando, FL 32859 gekopieër word nie.
|
|