afrikaanse web-tuiste ander tale
Elke dag kan ’n opwindende avontuur wees vir die Christen wat weet hoe om met die Heilige Gees vervul te wees, en daagliks deur Hom beheer te word.  

Het jy al die wonderlike ontdekking van die Geesvervulde Lewe
gemaak?

 

Die Bybel verduidelik aan ons dat daar drie soorte mense is.

1.  Die Natuurlike Mens (Iemand wat nie vir Christus aangeneem het nie)
”Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie.  Vir hom is dit onsin.  Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word”(1 Korintiėrs 2:14). 

SELFBEHEERDE  LEWE
 

SELF is op die troon

Belange word deur self beheer wat dikwels tot konflik en frustrasie lei

Christus is buite die lewe

2. Die Geestelike Mens (Iemand wat deur die Helige Gees beheer en bekragtig word)
“Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, ... ons het die Gees van Christus” (1 Korintiėrs 2:15,16).

law4.2.gif (4586 bytes) CHRISTUSBEHEERDE LEWE

CHRISTUS is deel van die lewe en op die troon van die lewe

Self is onttroon

Belange word deur Christus beheer wat lei tot harmonie met God se plan

3. Die Vleeslike Mens (Iemand wat Christus wel aangeneem het, maar geen oorwinning smaak nie, omdat hy op sy eie pogings staatmaak om die Christelike lewe te lei)
“Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek  moes  praat  soos met wźreldse  mense,  soos  met kindertjies  in  die  geloof  in Christus.  Ek het julle met melk gevoed,  nie  met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, want julle is nog wźreldse mense.  Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wźrelds is en julle wźrelds gedra nie?” (1 Korintiėrs 3:1-3).

law4.5.gif (4425 bytes) SELFBEHEERDE LEWE

SELF is op die troon

Christus is onttroon en beheer nie die lewe nie

Belange word deur self beheer wat dikwels tot konflik en frustrasie lei

 

1. God maak dit vir ons moontlik om ’n oorvloedige en vrugbare Christelike lewe te hź
  • Jesus het gesź: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hź, en dit in oorvloed” (Johannes 10:10).
     

  • “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5).
     

  •  “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing” (Galasiėrs 5:22, 23).
     

  •  “Maar julle sal krag ontvang vanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wźreld” (Handelinge 1:8). 

Die volgende is enkele eienskappe van die Geestelike Mens - die persoon wat sy vertroue in God plaas:

Lewe is Christus gesentreerd
Bekragtig deur die Heilige Gees
Lei ander tot bekering
Het ‘n betekenisvolle gebedslewe
Verstaan God se woord
Vertrou God
Is aan God gehoorsaam
law4.2.gif (4586 bytes)


Liefde

Vreugde

Vrede

Geduld

Vriendelikheid

Getrouheid
Goedhartigheid
Nederigheid
Selfbeheersing


 


Die mate waarin hierdie eienskappe in die lewe voorkom, is afhanklik van hoeveel die persoon Christus in elke area van sy lewe vertrou en ook die persoon se geestelike volwassenheid in Christus.  Die Christen wat nou eers die werking van die Heilige Gees begin begryp, hoef nie ontmoedig te voel, indien hy nie so vrugbaar is soos 'n meer volwasse Christen wat al vir 'n langer tydperk reeds hierdie waarheid ken en toepas nie.

Hoekom ervaar die meeste Christene nie die oorvloedige lewe nie?

2. Vleeslike Christene kan nie ’n oorvloedige en vrugbare Christelike lewe lei nie

Die vleeslike mens maak op sy eie pogings staat om 'n Christelike lewe te lei:

  1. Hy is óf onkundig, óf het van God se liefde, vergifnis en krag vergeet (Romeine 5:8-10; Hebreėrs 10:1-25;1 Johannes 1-1 Johannes 2:1-3;
    2 Petrus 1:9; Handelinge 1:8).
  2. Hy het 'n op en af geestelike ervaring.
  3. Hy kan homself nie verstaan nie - hy wil doen wat reg is maar kan nie.
  4. Hy vertrou  nie op die krag van die Heilige Gees om 'n Christelike lewe te lei nie (1 Korintiėrs 3:1-3; Romeine 7:15-24; Galasiėrs 5:16-18)


Sommige of al hierdie eienskappe sal waar wees van die Vleeslike Mens - die Christen wat God nie ten volle vertrou nie

Onkunde met betrekking tot sy geestelike erfenis Ongeloof
Ongehoorsaamheid
Gebrek aan liefde
vir God en ander mense
Gebrekkige gebedslewe
Geen begeerte vir Bybelstudie nie
law4.5.gif (4424 bytes) Wettiese gesindheid Onreine gedagtes Jaloesie
Skuldgevoelens
Bekommernis
Moedeloosheid
Kritiese gees
Frustrasie
Koersloosheid


(Die persoon wat sź dat hy 'n Christen is, maar wat in sonde volhard, moet besef dat hy moontlik nie 'n Christen is nie volgens  1 Johannes 2:3; 3:6, 3:9; Efesiėrs 5:5). Kliek hier om uit te vind of jy 'n Christen is.

Die derde waarheid gee die enigste oplossing vir hierdie probleem...

3. Jesus Belowe aan ons die Oorvloedige en Vrugbare Lewe wanneer jy Vervul (Beheer en Toegerus) is met die Heilige Gees

Die Geesvervulde lewe is die Christusbeheerde lewe; wanneer Christus Sy lewe, deur die krag van die Heilige Gees, in en deur ons lewe (Johannes 15).

  • Iemand word 'n Christen deur die werking van die Heilige Gees volgens  Johannes 3:1-8. Van daardie oomblik af (wedergeboorte), lewe die Heilige Gees altyd in jou (Johannes 1:12; Kolossense 2:9, 2:10; Johannes 14:16-17). Alhoewel die Heilige Gees in alle Christene woon, is alle Christene nie voortdurend vervul (beheer en toegerus) met die Heilige Gees nie.

  • Die Heilige Gees is die bron van die oorvloedige lewe (Johannes 7:37-39).

  • Die Heilige Gees het gekom om Christus te verheerlik (Johannes 16:1-15).  Iemand is 'n ware dissipel van Christus as hy met die Heilige Gees vervul is.

  • In Sy laaste opdrag voor Sy hemelvaart, belowe Christus die krag van die Heilige Gees aan ons sodat ons Sy getuies kan wees (Handelinge 1:1-9).

Hoe kan ons deur die Heilige Gees vervul word?

4. Ons kan deur die Heilige Gees vervul word deur geloof; slegs dan kan ons die oorvloedige en vrugbare lewe ervaar wat Christus belowe het.

Jy kan nou vervul word met die Heilige Gees as jy:

  • Elke area van jou lewe aan God oorgee (Romeine 12:1-2).

  • Eien deur geloof die vervulling met die Heilige gees toe, volgens:

    1. Sy Opdrag - Wees vervul met die Heilige Gees. "Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard.  Nee, laat die Gees julle vervul" (Efesiėrs 5:18).

    2. Sy Belofte - Hy sal ons altyd antwoord as ons volgens Sy wil bid. "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, ek weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra"
    (1 Johannes 5:14, 15).

Gebed gee uiting aan geloof...

Hoe om in geloof te bid om met die Heilige Gees vervul te word

Ons word deur geloof met die Heilige Gees vervul.  Opregte gebed is een manier om uitdrukking aan jou geloof te gee.  Die volgende gebed dien as voorbeeld:

"Liewe Vader, ek het U nodig.  Ek bely dat ek teenoor U gesondig het deur my eie lewe te beheer.  Dankie dat U my sondes vergewe het deur Christus se dood aan die kruis.  Ek nooi U uit om opnuut die troon van my lewe te beheer.  Vul my met die Heilige Gees soos U beveel het en ook belowe het in U woord om te doen, as ek in geloof daarvoor vra.  Ek bid dit in die naam van Jesus. As uitdrukking van my geloof dank ek U nou dat U my lewe beheer en my met die Heilige Gees vervul het."

Is hierdie gebed die begeerte van jou hart?  As dit is, bid dit nou en vertrou dat God jou nou met die Heilige Gees vervul het.


Hoe om te weet dat jy gevul (beheer en toegerus) is met die Heilige Gees

Het jy God gevra om jou met die Heilige Gees te vul?  Hoe weet jy dat jy nou deur die Heilige Gees gevul is?

Op grond van die geloofwaardigheid van God en Sy Woord:
 Hebreėrs 11:6; Romeine 14:22, 23.)

Moenie op gevoelens staatmaak nie.  Ons waarborg is gebaseer op die beloftes van God se Woord en nie op ons gevoelens nie.  Die Christen lewe deur die geloof (vertroue) in die geloofwaardigheid van God en Sy Woord.  Hierdie treindiagram illustreet die vehouding tussen waarheid (God en Sy Woord), geloof (vertroue in God en Sy Woord) en gevoel (die gevolg van ons geloof en gehoorsaamheid) (Johannes 14:21).


Die trein sal met of sonder die kondukteurswa ry.  Dit sou egter dwaas wees om die trein deur die kondukteurswa te probeer trek.  Net so vertrou ons as Christene nie op ons gevoelens en emosies nie, maar ons plaas ons geloof (vertroue) in die betroubaarheid van God en die beloftes in Sy Woord.


Hoe om in die Gees te Wandel

Geloof (vertroue in God en Sy beloftes) is die enigste manier waarop 'n Christen 'n Geesvervulde lewe kan lei.  Soos jy leer hoe om Christus meer te vertrou sal: 

  1. Jou lewe meer en meer die vrug van die Heilige Gees openbaar (Galasiėrs 5:22-23), en sal jy al hoe meer aan die beeld van Christus gelykvormig word (Romeine 12:2; 2 Korintiėrs 3:18).
  2. Jou gebedslewe en Bybelstudie sal meer betekenisvol wees.
  3. Jy sal God se krag ondervind wanneer jy getuig (Handelinge 1:8).
  4. Jy sal toegerus wees vir die geestelike stryd teen die wźreld
    (1 Johannes 2:15-17); teen die vlees (Galasiėrs 5:16-17); en teen Satan (1 Petrus 5:7-9; Efesiėrs 6:10-13).
  5. Jy sal God se krag ondervind om versoekings en sonde te weerstaan (1 Korintiėrs 10:13; Fileppense 4:13; Efesiėrs 1:19-23;
    2 Timoteus 1:7; Romeine 6:1-16).

Geestelike Asemhaling

Deur geloof kan ons aanhou om God se liefde en vergifnis te ervaar.

Indien jy bewus word van enige area in jou lewe ('n gesindheid of 'n daad) wat onaanvaarbaar is vir die Here, terwyl jy begeer om 'n Geesvervulde lewe te lei en om Hom te dien, dank Hom dat Hy slegs op grond van Christus se dood jou sondes (van die verlede, hede en toekoms) reeds vergewe het.  Eien Sy liefde en vergifnis toe en gaan voort om in gemeenskap met Hom te lewe. 

As jy weer beheer neem van die troon van jou lewe deur sonde - 'n daad van ongehoorsaamheid - haal geestelik asem. 

Geestelike asemhaling
("uitaseming" van die onreine en "inaseming" van die reine) is 'n geloofsoefening waardeur jy voortdurend God se liefde en vergifnis kan ervaar.

1. Uitaseming - bely jou sonde - stem saam met God dat dit sonde is en dank Hom vir Sy vergifnis volgens 1 Johannes 1:9 en  Hebreėrs 10:1-25. Belydenis sluit ook berou in - 'n verandering in gesindheid en optrede.

2. Inaseming - gee die beheer van jou lewe terug aan Christus en laat die Heilige Gees jou deur geloof ten volle beheer.  Vertrou dat Hy nou in beheer van jou lewe is en jou bekragtig op grond van sy opdrag in Efesiėrs 5:18, en sy belofte in 1 Johannes 5:14-15.

Jy sal hierdie belangrike ontdekking met iemand wil deel...


Indien hierdie bladsye vir jou betekenisvol en van hulp was, deel dit asseblief met iemand anders.

Miljoene kopieė van die boekie "Het u al die Wonderlike Ontdekking van die Geesvervulde Lewe gemaak?" is al in die meeste van die hooftale in die wźreld versprei.  Die gevolg is dat duisende Christene geleer het hoe om die krag en beheer van die Heilige Gees oomblik na oomblik te ervaar.  Deur die oorvloedige lewe wat Christus beloof, en wat hulle nou ervaar, het hulle geleer hoe om hulle geloof meer effektief met ander te deel.  Ondervinding het die geldigheid van Christus se opdrag aan sy dissipels bevestig dat hulle moes wag totdat die Heilige Gees hulle bekragtig het, voordat hulle sou voortgaan met die verspreiding van die Goeie Nuus (Evangelie) van Sy liefde en vergifnis.  Meeste Christene wil, wanneer hulle hierdie waarheid aangaande die Heilige Gees leer, Christus met ander deel en sodoende help met die uitvoering van die Groot Opdrag in ons geslag.

Indien jy graag kopieė van hiedie boekie wil bekom, kliek hier.

 

ADDISIONELE INLIGTING

Ek het die gebed op hierdie tuisblad gebid en het die Heilige Gees binnegenooi in my hart om my te bekragtig en my lewe te vernuwe.  Stuur asseblief vir my die nodige inligting wat my in staat sal stel om as Christen te groei.

Ek is nie seker of ek 'n Christen is nie.  Stuur asb. vir my nog inligting wat verduidelik hoe ek 'n Christen kan word.

Ek het nog vrae.  Stuur asb. vir my verdere inligting oor Jesus Christus.

Naam:
Adres:
Stad:
Provinsie:
Kode:
Land:
Telefoon:
Faks:
E Pos:
Kommentaar:

Campus Crusade for Christ S.A.
Posbus 4078
Halfway House, 1685
Republiek van Suid-Afrika 

Web-Tuiste Wie is Jesus? Die JESUS Film Die Vier Geestelike Wette Gees-vervulde Lewe Geleenthede Hulpmiddels

© 1995-2002 Campus Crusade for Christ Internasionaal | webmaster@cccsa.org.za

Laas Hersien op:  06 May, 2002